Homo ergaster

Homo ergaster
Tydperk: Pleistoseen, 1.8–1.3 m. jaar gelede
Die skedel KNM-ER 3733, wat in 1975 in Kenia ontdek is.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
H. ergaster
Binomiale naam
Homo ergaster
(Colin Groves en Vratislav Mazák, 1975)

Homo ergaster ("werkende man") of Homo erectus uit Afrika[1] is ’n uitgestorwe spesie van Homo wat tydens die vroeë Pleistoseen, tussen 1,8 miljoen en 1,3 miljoen jaar gelede, in Oos- en Suider-Afrika geleef het.[1]

Daar is nog onenigheid oor die klassifikasie H. ergaster, maar daar word nou algemeen aanvaar dat dit die direkte voorouer van latere hominiede soos Homo heidelbergensis, Homo sapiens en Homo neanderthalensis was, asook van die Asiatiese Homo erectus.[2]

Dit is een van die vroegste spesies van die genus Homo. Óf dit is ’n voorouer van Homo erectus óf dit deel ’n voorouer daarmee.[3] Sommige paleoantropoloë beskou dit bloot as die Afrika-weergawe van H. erectus; dit het gelei tot die term "Homo erectus sensu stricto" vir die Asiatiese H. erectus en "Homo erectus sensu lato" vir die groter spesie wat beide die Afrika-weergawe (H. ergaster) en die Asiatiese weergawe insluit.[4]

Onlangse menings is selfs dat al vier tydgenote van die vroeë Homo in Afrika – Homo habilis, Homo rudolfensis, Homo ergaster en Homo erectus – almal dieselfde spesie is, wat verkieslik Homo erectus genoem moet word en wat sowat 2 miljoen jaar gelede in Afrika ontwikkel het en deur Eurasië versprei het, tot by China en Java.[5]

  1. 1,0 1,1 Hazarika, Manji (16–30 Junie 2007). "Homo erectus/ergaster and Out of Africa: Recent Developments in Paleoanthropology and Prehistoric Archaeology".
  2. G. Philip Rightmire (1998). "Human Evolution in the Middle Pleistocene: The Role of Homo heidelbergensis". Evolutionary Anthropology.
  3. F. Spoor, M. G. Leakey, P. N. Gathogo, F. H. Brown, S. C. Antón, I. McDougall, C. Kiarie, F. K. Manthi & L. N. Leakey (9 Augustus 2007). "Implications of new early Homo fossils from Ileret, east of Lake Turkana, Kenya". Nature. 448 (7154): 688–691. Bibcode:2007Natur.448..688S. doi:10.1038/nature05986. PMID 17687323.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Antón, S. C. (2003), Natural history of Homo erectus. Am. J. Phys. Anthropol., 122: 126–170. doi:10.1002/ajpa.10399
  5. "Unique skull find rebuts theories on species diversity in early humans". Besoek op 20 April 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search